gesinsetes

Lekker eet en lekker gesels om die tafel

Die familietafel

Daar vind kosbare gesprekke plaas rondom kos - in die kombuis wanneer ‘n gesin saam werk aan die ete en rondom die familietafel as almal saam aansit. Dit is altyd ‘n goeie geleentheid vir ‘n lekker diskoers - oor die skoolwerk wat geleer word, oor 'n invloedryke persoon of ‘n gebeurtenis in geskiedenis, oor die boeke wat tans gelees word, en die Bybelboek wat ons saam bestudeer. Kos is ook ‘n wonderlike manier om ander mense te bereik - wanneer ons gasvryheid toon en ander nooi, sien hulle geloof, gesinne, en gesprekke in aksie. Dit is ‘n sleutel tot die deel van die Evangelie en ‘n kosbare dissipelskap model. Ons kan ander gesinne ook seën wanneer daar etes deur ons kombuis na buite gaan - wanneer iemand siek is, ‘n nuwe baba in ‘n gesin gebore is, ‘n nuwe persoon of gesin in ons gemeente of in ons gemeenskap bykom. Die maak van kos is ook tuisskool op sy beste, in al sy praktiese vorms. Lewensvaardighede word geleer. En daarmee saam ‘n groot skoot wiskunde, woordeskat, hoe om te beplan en hoe om te begroot (en daarby te hou!). Hoe om ‘n resep te lees, en die wetenskap wat aan die werk is wanneer ons brood uiteindelik mooi rys. “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.” ‭‭I KORINTHIËRS‬ ‭10‬:‭31‬

Resepte

Sade en Hawermoutbrood 

– Maklik vir beginners 
– Geen kniewerk nie
– Baie min werk, vinnig om te meng
– Ongeveer 5 ure van meng tot eet
Bestanddele:
2 teelepels gis
2 teelepels sout
2 eetlepes suiker
1 en ‘n halwe koppie louwarm water
1 koppie hawermout
Halwe koppie sade (enige kombinasie van pampoen,sonneblom, sesame,lynsaad)
3 koppies broodmeel
 
Metode:
Los die suiker en gis in die louwarm water op.
Gooi die ander bestandele by.
Meng dit goed. Jy hoef nie te knie nie.
Vorm dit in ‘n bal so goed as moontlik.
Sit dit terug in die mengbak en gooi toe.
Laat die brood vir so 3 ure staan. (Dit kan langer ook staan as julle later wil bak. Sit dit dan net in die yskas, tot 12 ure)
Wanneer jy reg is om te bak: 
(Smeer jou bak eers met klein bietjie olie om te keer dat die brood vassit.)
Sit die brood in ‘n ronde oondvaste pot of bak. ‘n Gietysterpot is ideaal. As jy niks ronds het nie, sal ‘n gewone broodpan ook werk.
Sit die oond op 200grade. 
Laat die brood so halfuur rys in die pot.
Opsioneel : Net voordat julle die brood bak, kan julle ekstra sade en hawermout bo-oor sit en sit en dit losweg vasdruk. Maak ‘n sny regoor die brood. 
Bak oop vir 45 minute.

Resepte

Broodrolletjies

– Vinniger resep, wanneer tyd nie aan jou kant is nie
– 24 rolletjies (dinner, nie hamburger grote nie)
– Net bietjie meer as ‘n uur en half van meng tot eet
– Benodig melk en botter

Bestandele
1/2 cup (113g) water, lukewarm
2 cups (454g) milk, warm (100°F to 110°F)
3 tablespoons (43g) butter, at room temperature; plus more for brushing
2 tablespoons (25g) granulated sugar
1 tablespoon (18g) table salt
2 1/2 tablespoons (23g) instant yeast
6 to 7 cups (720g to 840g) 
King Arthur Unbleached All-Purpose Flour

Metode
In a large bowl or the bowl of your stand mixer, combine the water, milk, butter, sugar, salt, and yeast. Stir well and let sit for 6 to 8 minutes, or until you see the yeast begin to foam.

Add 5 cups (600g) of flour and mix by hand or with the flat beater attachment until the dough forms a rough, shaggy mass. The dough will not form a ball at this point — it will be just shy of coming together.

Add flour, 1/2 cup at a time, and mix with a spatula or the dough hook until a smooth ball begins to form. Knead by hand for about 10 minutes, or by machine for 4 to 5 minutes, until a soft, smooth ball of dough is formed. The dough should feel elastic and slightly tacky to the touch.

Transfer the dough to a lightly greased bowl, then turn so that the dough is lightly greased. Cover with plastic wrap or a shower cap and let rise for 20 minutes at room temperature, or until the dough is full and puffy.

Resepte

Ruwe Suurdeeg

‘n Suurdeeg-discard resep – al die gesondheidsvoordele van suurdeeg sonder die tyd van ‘n regte suurdeeg. 
– ‘n wonderlike manier om suurdeeg ‘discard’ te gebruik
– as jy ‘n suurdeeg starter/plantjie het maar nie altyd daarby uitkom om ‘n suurdeeg te bak nie, is hierdie een ‘n wenner. 
– ongeveer 4 ure van meng tot eet

Bestandele
2.5 kg bruinbroodmeel
3 eetlepels sout 
2 pakkies droë gis 
1.8 L sterk warm water

Metode

Meng en knie deur.

Ek vou die deeg meer in as wat ek knie.

Laat staan vir 2 ure onder kombers om te rys. Verdeel deeg tussen 3 broodpanne.

Ek maak die panne effens warm op die plaat, dat mens nie deeg in yskoue panne sit nie – dan is die rysproses vinniger in die panne. 

Laat hulle rys in die panne terwyl die oond warm word. 
Bak vir ‘n uur in 180° C voorverhitte oond.

Resepte

Suurdeegbrood

Vele gesondheidsvoordele in gefermenteerde brood. Net meel en water en bietjie sout is nodig. Vra vir baie tyd (1 – 2 dae). Verg ‘n paar tegnieke. Die moeite werd!

Bestandele
560g water
14g sout
200g suurdeeg starter
800g witmeel

Metode

Gooi die meel in ‘n groot mengbak. Voeg die sout by, en meng. Maak ‘n gat in die middel van die meel en gooi die water by.

Nota: Hoe meer water, hoe hoër is die hydration en hoe moeiliker gaan die beslag wees om mee te werk (die deeg raak erg sticky). Maar hoër hydration beteken ook ‘n meer “open crumb” vir jou suurdeegbrood. So as jy vir eerste paar keer bak, probeer eers werk met ‘n laer hydration. Gooi 500g water, meng, kyk lyk die beslag, en herhaal met bietjies bietjies water todat dit vir jou nat genoeg lyk om nogsteeds mee te kan werk. As jy al die 560g water gebruik is hierdie resep se hydration 73% => water/meel = (560+100)/(800+100)

Gooi die suurdeeg starter in die water en los dit so bietjie op voordat jy alles deurmeng. Nota: ‘n Oulike toets as bewys dat jou suurdeeg starter reg is om te gebruik, is dat die starter veronderstel is om bo-op die water te dryf agv al die lug wat daarin is. Nadat jou deeg goed gemeng is, gooi vaddoek oor die mengbak en laat staan vir wat genoem word die “autolease” fase.

Vir die hele resep en metode: kliek hier